{ARGIEF}

Pyn kan ’n verskrikking wees! Dit kan deel wees van die terminale pasiënt se lewe. Daar is sommige situasies waar net morfien en die dood dit verlig. Ek wil nie eers probeer om antwoorde daarop te gee nie. Ek weet ook uit ervaring dat antwoorde soms min help…. Nie eers God se “antwoorde” nie, maar God self, wat by ons kom staan deur sy Heilige Gees (Nie verniet die “Trooster” genoem nie) is op die on end die “Antwoord”
Tog is daar ook ander soort pyn. Daar is “waarskuwende pyn”. Dit is korttermyn maar soms noodsaaklik. `n Eenvoudige voorbeeld. Gestel jy sou geen pyn ervaar as jy jou hand op ’n warm plaat sit nie. Ek dink jy weet wat sal op die ou end gebeur.
Pyn waarsku ons, vorm ons, bou ons, slyp ons karakter. Pyn laat ons soek en vra na God. Ek wens dit kon anders wees, maar dit is hoe dit is. Intussen? Intussen kan elkeen van ons help om God, wat vir seker IN hierdie wêreld is, sigbaar te maak aan hulle wat in pyn verkeer en besig is om hoop te verloor. Dit raak mense naby ons en mense “vêr” van ons.
As ons nie van die pyn van ander mense in hierdie land kennis neem en/of weet nie, mag ons net ontdek dat ons op ’n dag met ’n groot krisis sit. Dit is om gevoel in jou hand te verloor en dit rustig op ’n warm plaat neer te sit.