{ARGIEF}

Daar is baie dinge om ons wat ons nie sien of hoor nie, doodgewoon omdat ons te min stil staan of stil sit en luister en kyk. Terwyl ek hier laatmiddag sit en skryf het ek skielik bewus geraak van die voëls se luide gesing in die boom voor die venster. Hulle was die hele tyd daar, maar ek moes eers stil raak voor ek hulle kon hoor. Ek wonder watter goeie dinge in die lewe is daar nog wat ek vandag gemis het, net omdat ek te besig was? Dalk was die heel belangrikste die vrede en rus wat kom wanneer jy lank genoeg stil raak in die teenwoordigheid van God.