{ARGIEF}

Wanneer Bybelskrywers oor kennis praat word die woord gnosis dikwels gebruik. Dit is meer as kopkennis, boekkennis of selfs ervaringskennis. Dit dui veral op die insig en wysheid wat in God self setel. Dit is ’n kennis wat groei uit jou ware gemeenskap met God self. Dit is ’n kennis wat jou help om te onderskei tussen goed en kwaad.
In ’n tyd waar mense dikwels in die kerk verskil oor wat reg en verkeerd is, word die waarheid moeilik bepaal deur lang debatte en selfs stryery. Die waarheid word in die Waarheid self gevind. Ons moet eenvoudig meer moeite doen om mense uit te daag om die aangesig van God self te soek. Daar word ware kennis en insig gevind. Los van God, maak ons op menslike rede en insig staat. Dit bly altyd maar iets broos en onbeholpe.