{ARGIEF}

Môre begin ons konferensie oor armoede hier by Sanlam Hoofkwartier . Ek is opgewonde , maar ook senuweeagtig. ’n Mens is altyd senuweeagtig as 14 sprekers 20 werkswinkels en 270 mense saamgevoeg moet word om sin en ’n verskil te maak. Ons is moeg vir praat praat praat…
Mag die Here regtig gee dat hier iets gebore word, al is dit hoe klein wat ’n verskil sal maak.
Intussen dink ek diep oor die saak:
– Het jy geweet dat 39 van die 40 armste lande in die wêreld of in die trope of in woestyne voorkom. Sê dit iets oor die rol van klimaat
– Het jy geweet dat dit vir die gemiddelde Mosambieker 10 000 jaar sal neem om soveel te verdien soos wat die eienaar / hoof van ’n groot IT maatskappy in een dag verdien? – Robert Guest