{ARGIEF}

Daar is geen groter leuen as `n halwe waarheid wat in die naam van die volle waarheid verkondig word nie. Wanneer leuens en waarheid vermeng word is dit soos suikerwater en gif wat saam aangebied word. Aanvanklik kom niemand iets agter nie, maar die gevolge is pynlik en vernietigend. Satan munt hierin uit. Dit is veral hieroor waaroor Paulus in sy briewe oor en oor gewaarsku het. Daarteenoor weet ons dat dit die  Waarheid is wat ons werklik vry maak!