{ARGIEF}

Christene maak foute. Christene is nie beter as ander mense nie en maak daarom soms groot foute. As jy my sou vra wat ek meen `n groot verskil tussen christene en nie-gelowiges behoort te wees, dan is dit nie dat hulle noodwendig beter of vromer as ander is nie, maar dat hulle oor die vermoë beskik om onder leiding van die Heilige Gees bewus te word van hul foute en met passie daarna streef om dit reg te maak. Deur die eeue heen was dit dan ook die verhaal van die christendom. Dit is die verhaal van val en opstaan. Dit is die verhaal van foute maak, seerkry, maar elke keer weer oorbegin, nuut maak en regmaak.
Die vraag is waarom ons steeds voortgaan om al die foute te maak. Die Bybel stel dit duidelik dat die antwoord in ons menslikheid opgesluit lê. Tog moet die volgende redes dalk vir `n oomblik oor nagedink word:
FOUT 1: VERSTAAN NIE DIE DIE STRYD TUSSEN LIG EN DUISTERNIS NIE
FOUT 2: KEN AL DIE REGTE ANTWOORDE, MAAR LEEF NIE UIT DIE KRAG VAN DIE HEILIGE GEES NIE.
FOUT 3: HET SO HAASTIG GEWORD DAT DIE TYD ONTBREEK OM IN STILTE GOD SE STEM TE HOOR (WYSHEID EN ONDERSKEIDINGSVERMOë ONTBREEK)
FOUT 4: HET CHRISTENE DALK HUL ONTSAG VIR GOD VERLOOR?
FOUT 5: TWYFEL CHRISTENE DALK DEESDAE OOR DIE UNIEKHEID VAN DIE EVANGELIE?
FOUT 6: VERWAR ONS CHRISTENSKAP EN DISSIPELSKAP?
FOUT 7: HET ONS TOEGELAAT DAT `N KITSKULTUUR ONS GEBEDSLEWE BINNEDRING?
Laat ek egter op die dag nie die fout maak en die een vergeet nie. `n Baie geseënde Vrouedag vir alle vroue toegewens. Julle is kosbare kosbare geskenke uit God se hand. Mag julle die respek ontvang wat julle waardig is.