{ARGIEF}

Het vanoggend hier in Bloemfontein by `n ontbyt gepraat en weer oor die gedagtes van Jesse Stoner nagedink.
3 wesenlike vrae wat jy jouself behoort af te vra, vir jouself, jou kerk, jou besigheid, jou organisasie:
1. Wie is jy? Wat is jou wese, jou kernidentiteit en of -besigheid?
2. Waarheen is jy oppad? Wie of wat wil jy wees?
3. Hoe gaan jy daar kom en veral: Wat is die kern waardes op optredes wat jou gaan rig? Met ander woorde, hoe gaan jy wees, opree, leef, doen ens. om daar te kom.
Dit is veral oor die laaste vraag waaroor ons soms struikel, maar al drie is van wesenlike belang.