{ARGIEF}

Die taaldebat op US verwys: Kan iemand dalk vir my verduidelik wat is die verskil tussen “AANBOD” en “AANBIEDING”. Daar word konsekwent van die universiteit se taal “aanbod” gepraat. Is dit dieselfde ding as aanbieding of sou dit moontlik kon wees dat die “aanbod” in `n betrokke fakulteit 50% in Afrikaans is maar dat die aanbieding van klasse 90% in Engels plaasvind? Maw hoe word die berekening gedoen? Is die notas en voorgeskrewe boeke, visuele aanbiedings ens. deel van die aanbod?