{ARGIEF}

Vandag dink ek sommer aan die inspirerende woorde van Jack Welch, vorige GE baas: “Voor jy `n leiers is gaan alles oor JOU sukses. Die dag as jy `n leier word gaan dit alles oor die sukses van JOU VOLGELINGE.” Dink daaroor.
`n Tweede gedagte kom by my op. `n Storie wat oor ou oom Bun Booyens vertel word. Hy sou min of meer die volgende gesê het: “In ons dae was almal eintlik maar arm. Daar was min ryk mense en dus was daar min mense wat met hulle leefstyl en rykdom jou daaraan herinner het dat jy arm is. Dit was dus veel makliker gewees om gelukkig en tevrede te wees terwyl jy arm is. Vandag is dinge veel anders. Daar is baie rykdom wat die armes gedurig daaraan herinner hoe arm hulle is.”
In `n land soos Suid-Afrika waar die verskil tussen rykdom en armoede nou die grootste op aarde is, moet dit ons laat dink…