{ARGIEF}

Die dagtema was vandag “Nederigheid, Integriteit en Eenvoud” met die Bybelstudie uit Ef 4:17-6:9
Dit is duidelik dat die Christendom oor jare soms sy eie grootste vyand was met dit wat Christene aangevang het. Vandag is daar ernstig en reguit gepraat oor die lewe wat ons voor die wêreld lewe.
Soos gesê, van die grootste struikelblokke vir die kerk was nie hulle buite die kerk nie, maar hulle binne die kerk.
3 Afgode is aangespreek
Die afgod van Mag en trots
Die afgod van Populariteit en sukses
Die afgod van Welvaart en gierigheid
Regdeur die dag – ook in een van wegbreek sessies is die gevaar van welvaartsteologie beklemtoon. Dit is veral deur mense uit Afrika gedoen: `n Verloopte teologie wat geld gesondheid en sukses voorhou en min van die selfverloënende kruis van Jesus Christus verkondig.
Die saak van vroue binne die wêreldkerk het ook aan die orde gekom. Die gebrek aan vroue in leiersposisies terwyl vroue in baie kerke eintlik die ruggraat vorm. Daar is veral ook gekyk na die uitbuiting van vroue op seksuele gebied, prostitusie, vroue vlugtelinge en veel meer.
Vanmiddag `n werkswinkel bygewoon met die titel “ Ethics, emerging technologies and the human future”. Waar lê die grense van stamselnavorsing, genetiese manipulering, selektiewe ouerskap en veel meer? Op `n ander dag meer hieroor.
Sommer net een gedagte: Vir baie wetenskaplikes is die mens net een van baie spesies op aarde en word die waarde van lewe gemeet aan die kwaliteit van lewe. Van `n teologie dat die mens geskape is as beelddraers van God – alle mense! – en dat die sterkes hulself moet offer vir die swakkes, word al minder gemaak…
Vanaand is die fokus op Europa…