{ARGIEF}

Ons tegnologiese vooruitgang – ons sogenaamde beskawing – is soos `n byl in die hand van `n patalogiese krimineel – Albert Einstein
Was vroegoggend al in Kaapstad om deel te wees van `n gesprek oor die ontwikkeling van christelik-gedrewe en waardede-gedrewe leierskap in die sakewêreld. `n Paar los gedagtes het by my bly vassteek.
1. Die eensaamheid en druk waaronder baie leiers funksioneer.
2. Die groot verskil tussen verandering en transformasie. Daar vind soms groot verandering in lande en organisasies plaas, maar nie werklike transformasie nie. Weet osn wat die verskil is en dink ons daaroor.
3. Die misbruik van halwe waarhede.
4. Hoe integreer ek waarlik die kundigheid wat die sekulêre wêreld my bied oor leierskapsbeginsels en die wyshede wat die Woord my daaroor bied?