{ARGIEF}

In vandag se koerant was daar `n groot berig oor Anne Rice wat “as Christen bedank” Die berig het my aan die dink gesit.
• Verstaan mense regtig wat geloof is? Dit is beslis nie iets wat jy uit eie mag of krag regkry nie. Dit is `n genadegawe van God. Dit is `n geskenk van God. Dit is nie iets waaroor jy sommer self besluit nie.
• Verstaan ons wat ons doen as ons as kind van God oor mede-gelowiges praat? Dit is nog erger as bloedfamilie. Jy kan nie sommer besluit van wie jy hou of nie. Hulle word vir jou “ge-issue” met die opdrag om jou naaste lief te hê soos jouself! Ja ook die onbeholpenes wat jou soms so teen die mure uitdryf.
• Verstaan ons wat ons doen as ons oor die kerk praat? Ja die kerk maak soms foute, maar dit bly die bruid van Christus wat Hy oneindig liefhet! Dink bietjie daaroor.
• Ja, die Bybel praat maar min oor Christenskap maar meer as 200 keer oor dissipelskap.
Ek het begrip vir Anne se frustrasie met mede-gelowiges, maar as ek die Bybel reg lees, het ware volgeling van Jesus Christus (en dit klink of sy haar steeds so noem) veel meer geduld en verdraagsaamheid met mede-gelowiges as wat die berig dit stel.