{ARGIEF}

Daar het vandag weereens ’n berig oor die dalende lidmaatgetalle van die NG kerk in Rapport verskyn. Die keer word beweer dat dat daar ongeveer 80 000 lidmate sedert 2006 die kerk verlaat het. Miskien moet ons dit in perspektief stel.
• Die NG Kerk het steeds meer as een miljoen lidmate.
• 80 000 lidmate verteenwoordig dus ’n daling van 8% oor vier jaar. Dit is 2% per jaar.
• Hou verder in gedagte dat daar ’n dramatiese afname in bevolkingsgroei onder die blankes was. Ou mense gaan dood en die kinders raak minder. Die som is dus eenvoudig. Die getalle moet daal!
• Kom ons vergeet vir ’n oomblik die wat emigreer het. Wat waar is dat daar heelwat groei in onafhanklike charismatiese kerke was. Moet ons daaroor huil of die Here dank vir die uitbreiding en verbreding van sy Koninkryk? Ek kies vir laasgenoemde. Natuurlik is daar tans oud NG-lidmate wat daar aanbid.
• Die eintlike krisis is egter nie dat ons 8% lidmate “verloor” het nie, die eintlike krisis is dat die NG Kerk haar plaaslike sending-hart verloor het en nie meer groei deur nuwe bekeerlinge nie. Ons wag dat baie nuwe babas gebore word en dit gebeur nie.