{ARGIEF}

Die afgelope week is ek gevra om deel te neem aam `n radioprogram waar daar gedebatteer is of ons hoegenaamd nog Kersfees moet vier. Daar is dan te veel heidense gebruike! My antwoord is die volgende:
Kersfees soos ons dit oor eeue vier is die resultaat van eeue se vieringe deur sendelinge en diegene wat die krag van simbole verstaan het. Daar is sommige wat beweer dat as daar nie sendelinge was wat heidense gebruike in Europa verstaan en nuwe inhoud gegee het nie, ons as kerk nie vandag hier sou gewees het nie.
Christus is ook die Heer van alle here. Hy verander als! Sy inkarnasie- menswording IN die wêreld – het gemaak dat ook die mees heidense gebruik onder die heerskappy van Christus geplaas is. Die vraag is nie of ons Kersfees moet vier nie, maar hoe ons Christus terug in Kersfees kan plaas?
Laat ons hierdie Adventstyd regtig gebruik om na te dink oor die Kind in die krip wat gekom het vir die gebrokenes, die armes, die nederiges (Luk 1- Die lofsang van Maria)
Ons moet Kersfees vier, maar op `n nuwe nederige, ootmoedige manier waar ons nie om die krip kom stry nie (ons Christene is mos goed daarmee) maar waar ons werklik kom kniel en aanbid!