{ARGIEF}

Die een ding waaroor ek groeiende duidelikheid het, is dat deel van die “probleem” nie teologies van aard is nie. Die meeste mense wat `’n bepaalde keuse maak refelekteer nie regtig sistematies teologies daaroor nie. Dit geld vir klein- en grootdopers. Kleindopers word gedryf deur tradisie en sentiment en grootdopers deur enkele tekste EN… Dis die groot EN:
’n Gevoel dat die NGK op ’n toewydingsvlak besig is om van die pad af te gaan. Dit is daarom tyd om ons weer te “bekeer”.  Ons het nie meer ’n “bekeringsteologie” nie, praat nie meer daaroor nie, het die woord uit ons woordeskat verwyder en voeg geen nuwe bekeerlinge by ons gemeentes nie… net kindertjies wat gedoop is. Verder voel almal aan dat ons land se morele basis uitgekalwe het en dat ons op ’n krisis afstuur. In so `n konteks is dit seker nie snaaks dat daar versoeke oor ’n “bekeringsdoop” ontstaan nie.