{ARGIEF}

Woede is soms nodig, maar baie gevaarlik, nie vir die persoon op wie jy dit uithaal nie, maar vir jouself. ’n Kalm gees bereik dikwels veel meer as ’n woede-uitbarsting. Woede laat jou perspektief verloor en laat jou foute maak. Tog is daar ook iets soos “heilige woede”. Dit behoort na vore te kom as onreg of die waarheid op die spel is. Laat ons egter altyd maar altyd ons gees, ondergeskik maak aan die Gees van God wat ons kan en wil lei.