{ARGIEF}

Miskien moet ek nog iets sê oor die hele debat oor die doop. Graag wil ek weer bevestig dat ek ’n oortuigde voorstander van die kinderdoop is . Tog moet ons die volgende byvoeg. Ek dink ons is in die moeilikheid omdat ons ons verbondsteologie goedkoop gemaak het.
Is dit dalk waar dat die NGK ’n “volkskerk” en ’n “kultuurkerk” geword het?
Ons doop kinders en dan is dit die einde van die storie. Oor toewyding en ware bekering praat ons min.
In ons prediking bedien ons “flou sop”. En ons weet dat mense moeg raak vir flou sop. Die resultaat? Ons sien dit.
Ek meen ook dat ’n gesprek in die kerk oor gesonde hermeneutiek nou van kritiese belang is. Ons ossileer tussen, aan die een kant fundementalisme en dan mense wat daarop reageer omdat dit net nie meer sin maak nie en dan die Bybel en geloof (die kind met die badwater) by die deur uitgooi. Ek dink daar lê vir ons harde werk voor.