{ARGIEF}

Ek sit sommer vandag en wonder oor wat die verskil is tussen die Grieke wat nie hulle skuld kan betaal nie en die VSA wat nie hulle skuld kan betaal nie? Die Amerikaanse kongres sukkel om ’n program goed te keur wat die Amerikaners se skuldlas sal herskeduleer, maar noodwendig hul dollar sal devalueer?
Doen hulle dit nie en die VSA kan nie betaal nie gaan die markte dit voel en ons ook. Doen hulle dit wel en die dollar verswak en die rand verstewig gaan ons dit ook voel, al is dit net in die petrolprys… dis nou te sê as jy kan petrol kry!
Tussen twee vure.
En dis nou as alles reg loop en daar nie êrens nog ’n vulkaan uitbars, ’n aardbewing chaos veroorsaak of mense sommer net in opstand kom nie.
Tyd vir nederig wees en bid? Ek dink so.