{ARGIEF}

Die dagtema vandag was geloofsonderskeiding en die wil van God. Wat is God se prioriteite?
Bybelstudie uit Ef 4: `n diep gesprek oor die eenheid van die kerk.
Hier by Lausanne beleef `n mens dit nogal. Natuurlik is hier verskille en tog sien `n mens dit nie, WANT daar is `n duidelike gemeenskaplike doel. Watter groot les is dit nie vir die plaaslike kerk nie. Ek dink ons het dit verloor.
`n Paar los gedagtes wat my deur die dag getref het:
98% kinders in Skotland is nie meer aan `n kerk verbind nie
Baie mense het vertroue in die Evangelie verloor omdat hulle dit nie meer as GOEIE NUUS ervaar nie.
Hoe gereed is ons as christene om vreemdelinge (Somaliërs? ) in ons midde te verwelkom?
Net 3% van alle sendelinge werk onder die sogenaamde “onbereikte” volkere van die wêreld – meer as 600 van hulle.
Vanmiddag weer `n wegbreeksessie van Tim Keller oor die kerk in die stad bygewoon. Hy het 9 uitstekende riglyne gegee vir wat nodig is om in die stad te bedien… daaroor op `n ander keer meer.
Nog `n los gedagte: Is ons “piramiede bouers” of “verhoudings bouers”? Dalk bou ons steeds piramiedes met miljoene goedkoop arbeiders wat moet werk sodat die paar bevoorregtes aan die bo-punt in weelde kan lewe. En daar is nie plek vir baie daarbo nie!
Vanaand was Afrika-aand… en het die wêreld lekker op die ritme van Afrika gesing en gedans…
Toe het ons afgesluit en op die kinders van die wêreld gefokus… 2 biljoen kinders wat Christus nie ken nie, waarvan 1 biljoen in die verskriklikste armoede leef.
Hmmm my gemaklike veilige christen wêreldjie word uitgedaag…