{ARGIEF}

Die een is eintlik al Woensdag geskryf…
Ek sit hier op George-lughawe en dink diep. My dag het in die kweekskool begin. Ja in daai klas (3e jaar) waar Vonnie Mostert altyd so stylvol aan die slaap geraak het sodat ek agterna gewonder het. Hoe kry hy dit reg? Sou dit so graag ook so wou doen. Die keer was dit vir n kuratorium vergadering.
Hmmm…. Tog wel een stukkie inligting. Ons begin nou `n seminarium om die akademiese opleiding met bedieningstoerusting vir studente aan te vul. Sou lank kon verduidelik…. Maar die nostalgie was reeds daar, want ek het heeltyd geweet ek is oppad na Rossouw se begrafnis.
`n Uur of wat later sit ek in George Tuinedal gemeente en kyk na die Powerpoint foto’s wat voor my verby flits. Foto’s van n jong Rossouw, soos ons hom leer ken het. Was ons regtig so mooi en so jonk? Ek het die gebou met een groot gevoel verlaat. En dit is hoe vinnig als verby gaan…
En die woorde van NP van wyk Louw:”… alles is met sterflikheid deurdrenk” en die van Langenhoven: “As ek mog wens, dan is dit as die engel my kom haal, sy verslag sal lees: Ek het hom by die werk gekry!” Dis hoe dit met ons broer was. Op die kansel. Ons eer jou Rossouw en se dankie vir als wat jy gedoen het.
Aan Betsie en die kinders. Mooi loop en mag die eerste strale van Sondag se eerste advent jul laat onthou dat n nuwe dag aan die breek is, al was dit vanmiddag so sopnat en half donker op George…
ns As daar baie spelfoute in die stuk is het ek nie lus of krag om dit nou reg te maak nie!