{ARGIEF}

Ek sit in `n gesamentlike vergadering van die NGK moderatuur Wes- en Suid-Kaap, VGK Kaapland, en NGK Oos-Kaap. Die plek is die Bybelhuis hier in PE. Ek dink terug, baie ver terug, aan al die vorige byeenkomste en die moeilike pynlike gesprekke wat ons deur die jare gehad het. Vandag is dit anders. Was dit die aanvaarding van Belhar wat dit verander het, of was dit die vasbyt en vashou aan mekaar deur die moeilike jare heen? Ons het mekaar leer ken, baie ure saam spandeer, saam gereis en gelag.
Nou is daar nie meer verwyte en spanning in die lug nie, maar daar word saam gedink en beplan. Ons praat oor groot groot uitdagings in die Oos-Kaap, oor hoe ons ons lidmate aan die praat gaan kry oor eenheid versoening en geregtigheid, ook oor grense heen. Ons droom oor n plek waar predikante mekaar op groot skaal kan ontmoet en beter leer ken. Ons praat oor rituele van genesing en oor projekte wat saam gedoen kan en moet word.
Ja ons mag steeds nie slordig met mekaar omgaan nie want sekerlik le daar nog baie seer net onder die oppervlak. Ons sukkel mos maar almal om ons seer presies te verwoord, veral as dit skaamte insluit.
Mag die Here ons die genade gee om die pad konkreet en volhardend nou vorentoe saam te loop