{ARGIEF}

Die afgelope drie dae sit ek saam met die finalejaar kweekskool studente in ’n reeks klasse/aanbiedings wat die kerk doen (NGK en VGK) om spesifiek van die kerk se kant hulle so bietjie meer voor te berei oor dit wat op hulle wag in die nabye toekoms. Die oorhoofse tema is leierskap en geestelike leierskap. ’n Paar gedagtes het sommer weer van voor af deur my gedagtes gemaal.
1. Wat het van ons geestelike leiers geword?
2. Verstaan geestelike leiers regtig wat hul belangrikste funksies is?
3. Verstaan geestelike leiers hoe belangrik dit is om `n pad saam met ander te loop?
4. Verstaan kerkleiers dat hulle in die eerste plek geestelike leiers is?
5. Leierskap is “’n verhoudingespel”. Dit ag verhoudinge van die uiterste belang
6. Emosioneel onvolwasse en uitgebrande mense maak moeilik goeie leiers
7. Een van die grootste geskenke wat ’n predikant of enige geestelike leier aan die gemeenskap kan gee is ’n gesonde “self”.
8. Dit vra harde werk en baie dissipline.
9. Een van die heel belangrikste leierskap-/bestuurswenke of uitdagings is die uitdaging om die heel beste in die mense met wie jy werk te gaan soek en na vore te bring.
10. Karakter en integriteit en die respek wat dit by volgelinge kweek is van die heel belangrikste bates waarmee ’n leier werk. As jy dit verloor het, kan jy maar die spreekwoordelike leierskapsboeke toemaak.
11. ’n Ferm standpunt, gekombineer met ’n nederinge diensbare ingesteldheid, bring jou baie vêr.
12. Leiers het hul volgelinge baie lief!
13. ’n Leier is die hele tyd besig om mense/volgelinge te bedank.
Die kerk werk met konsepte soos die voorbeeld van Christus en die kragtige werking van die Heilige Gees. ’n Juk wat sag is en ’n las wat lig is. Die rol wat liefde in ons verhoudinge behoort te speel. Die respek vir ander en veel meer. Tog jammer dat ons soms so met leierskap in die kerk sukkel….