{ARGIEF}

Hoekom sal ‘n mens sowaar 99 goeie opmerkings miskyk en fokus op die een stukkie kritiek wat na jou kant toe kom?

Blykbaar het dit te make met ons oerbrein. Ons is heeltyd onbewustelik ingestel op gevaar en merk dadelik die eerste tekens van bedreiging op. Kritiek skep die moontlikheid van potensiële gevaar, en ons moet besluit wat ons daarmee gaan maak.

Geestelike leiers is nie immuun teen kritiek nie. Omdat geestelike leiers die pad van Jesus loop wat mense dikwels bedreig in hulle selfsug, organisatoriese eiebelang, en denominasionele voorkeur, kry hulle kritiek. Jesus self sê: “Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê” (Matteus 5:11). Soos Jesus die merke van die kruisiging in sy handpalms dra, dink ek dra geestelike leiers vergifnismerke. Geestelike leierskap is om níé soos die res van die wêreld op kritiek te reageer met ‘n oog vir ‘n oog benadering nie. Die geheim is vergifnis. Voortdurende vergifnis. Nimmereindigende vergifnis. Omdat Jesus se belang groter as my eie is.

Rob Bell sê kritiek is soos klein papiersnymerkies. Jy dink dit doen niks nie, maar met die tyd bou dit op en ervaar ons “death by papercuts”.

Sy advies:

  1. Name it
  2. Accept it
  3. Absorb it

Wat doen jy met kritiek?