{ARGIEF}

Leierskap raak ‘n intense uitdaging as die geld begin opdroog. Mooi praatjies en beloftes sit nie brood of pap op die tafel nie. Dit hou nie personeel in diens nie. Veral as iets soos ‘n ekonomiese afswaai van die kantlyn af die spel inboender en nie volgens die reëls speel nie. Dis soos ‘n fratsgolf wat enige boot kan omgooi.

Finansiële krisistye is ‘n toets vir leierskap. In die besonder vir geestelike leierskap.  Veral as die mense wat die meeste finansieel bygedra het skielik hulle bydraes begin sny, of selfs ophou gee omdat hulle nie meer kan nie. Die realiteit is dat jy ‘n goeie saak en goeie mense en goeie leiers kan hê, maar as daar nie geld is om dit te befonds nie, bly dit ‘n droom. Of jou goeie saak word ‘n nagmerrie van daaglikse oorlewing.

Geestelike leiers is die leierskap wat mense help onthou waar hulle eintlike Bron is. Die vraag is nie waar die geld vandaan kom nie. Die vraag is of jy gló waar die geld vandaan gaan kom. En of jy die mense wat volg help gló waar dit vandaan gaan kom.

In Courageous Leadership sien ek Bill Hybels vertel van ‘n tyd waarin dit swaar met hulle gegaan het (p 99). Dis in die laat 1970’s.

“Then the U.S. economy collapsed. Unemployment soared and interest rates rose to twenty-one percent. Just when I thought things could not get worse, the largest donor in our church left. This was the man we had all been counting on to bail us out if everything went south. That’s when I had to define, once and for all, the difference between the conduit and the ultimate source of supply.”

In hulle geval het hyself en verskeie personeellede persoonlike banklenings uitgeneem om ‘n groot bouprojek aan te pak. Die krisis het hulle persoonlik geraak. Ek weet later jare het hulle weer ‘n soorgelyke krisis beleef. Tans is die VSA (en die res van die wêreld) in die middel van nog so ‘n krisis met ‘n geweldige impak op geloofsgemeenskappe.

Bill sê: RESOURCE TRUTH #1: GOD IS THE ULTIMATE RESOURCE SUPPLIER

Ons kan dit só formuleer:

“Geestelike leierskap herinner mense Gód is die primêre Bron. Dis nie ten diepste ‘n finansiële krisis waardeur ons mense moet help nie. Dis ‘n gelóófskrisis.”

Ons moet mense herinner:

God hét nog altyd voorsien en sal weer ryklik voorsien (Fil 4:19).

God sál ons finansieel en op soveel ander maniere help (Ps 46:2).

Kom ons leer weer afhanklik bid:

Here my God wat my altyd help,

ek roep elke dag om hulp,

elke nag bid ek tot U.

Laat my gebed nie tevergeefs wees nie,

hoor my geroep.

(Ps 88:2-3)

 

Vince Lombardi het gesê:

“The difference between a successful person and others is not a lack of strength, not a lack of knowledge, but rather a lack of determination.”

 

Geestelike leiers weet: “Die verskil tussen ‘n suksesvolle leier en ander is nie ‘n gebrek aan krag, of ‘n gebrek aan kennis nie, maar eerder ‘n gebrek aan geloofsvolharding!”