{ARGIEF}

In hierdie artikel word ’n poging aangewend om die bekende drie-ampteleer of munus triplex (koning, priester, profeet) te benut vir ’n verstaan van die leraarsamp vandag. In ’n tyd van identiteitsonsekerheid, roepingsverlies en fragmentering van die amp kan hierdie drie-ampteleer help om enersyds meer gefokus oor die saak te dink en andersyds help dit om die kernfunksies van die predikant Bybels en teologies te verstaan. Sodoende kan die veelkantigheid van die saak in die oog gehou word, sonder dat die spesifieke fokus verlore gaan.

 

Laai die volledige artikel hier af.