{ARGIEF}

Wanneer daar oor gemeentes gepraat word neem dit nie lank voordat iemand die woord identiteit laat val nie.  Dikwels is die vet sommer net daar en dan in die vuur.  Ons moet net pasop dat ons nie ons identiteit in die proses verloor nie, sal iemand waarsku. Ja maar ons is mos ‘n kerk wat reformeer, sal die gewig aan die ander kant geplaas word.  Ander weer dink identiteit het eintlik te make met die liedere wat ons sing in die erediens:  Ek voel net nie meer tuis in my eie kerk nie, ons het ons identiteit wat my betref verloor.  Dit is omdat ons nie meer ons geskiedenis ken nie, ons weet nie meer waar ons vandaan kom nie, is nog ‘n standpunt, wat iemand anders weer aan die teks laat dink van die ou wynsakke en die nuwe wyn…Die gesprek oor die identiteit van die gemeente laat ‘n mens min of meer altyd met ‘n gevoel van onvergenoegdeheid. Miskien was WJ Quine tog reg met die volgende opmerking oor identiteit: Despite its simplicity, identity invites confusion.

Laai volledige artikel hier af.