{ARGIEF}

Skryf oor wat aangaan, wat jy waarneem in gemeentes, was die opdra.  In my voortvarendheid se ek sommer ja, my verslag sê dan dat ek vanjaar by amper 30 gemeentes gaan sit en luister het.  Dit is nou net waar die probleem inkom, want wat sê ek nou en wat laat ek uit.  Wat ek ook al gaan sê gaan waar wees en terselfdertyd ‘n liegtery, want daar is nie een waarheid oor gemeentes nie.   /daar is nie een prentjie nie daar is ‘n klomp. Dink jy ‘n gereformeerde dominee kan preek sonder om ‘n donker prentjie te skets, te waarsku en te dreig, vra ‘n amper post-kerklike lidmaat my? Ons leef darem in moeilike tye, het die bril geword waardeur ons na elke teks begin kyk het. Ek het die indruk ons het dit nou ten minste 500 en2 keer te veel gesê, want die hoop kon nie deur nie. Kan ons nog draers van hoop wees of het ons begrafnisondernemers geword, of dit nou by ‘n geboorte, ‘n huwelik of ‘n fees van dankbaarheid is?

 

Laai volledige artikel hier af.