{ARGIEF}

Verhoudings tussen lidmate onderling en met die leierskap in die gemeente, is in die rooi in ons gemeentes! Dit is die duidelike antwoord wat ons by Buvton van gemeentelede kry as ons navraag doen oor die gehalte van verhoudings in die gemeente. Van die byna 20 000 lidmate in ons databasis, sê 73% dat lidmate mekaar nie genoeg vertrou om openhartig teenoor mekaar te wees nie! Dalk as gevolg daarvan sê 35% dat daar nie ‘n eenheidsgevoel onder lidmate is nie en meld 42% in dieselfde ondersoek dat verhoudings in die gemeente dikwels gespanne is. In kort: baie mense in ons gemeentes vertrou mekaar nie genoeg om saam te bou aan ‘n liefdesgemeenskap nie.

Laai volledige artikel hier af.