{ARGIEF}

Danie Mouton skryf op sy Blog www.reisgeselskap.co.za van nuwe lidmate wat by NG Kerk Cambridge, ‘n gemeente in Oos-London aansluit.

 

Die Garcia sub-ekonomiese munisipale woonstelle is nie die soort plek waar mens graag wil bly nie.  ’n Hele katologus van sosiaal-maatskaplike probleme, soos gesinsgeweld, verslawing, dwelmhandel, kinderverwaarlosing – en meer – kom hier voor.

Die woonstelblok is geleë in die Cambridge woonbuurt, so ‘n kilometer of wat van die kerkgebou van die NG Kerk Cambridge af.

Ds Sas Swart vertel die verhaal hoe die gemeente by hierdie woonstelblok, en spesifiek die kinders betrokke geraak het.  Hulle doen wonderlike werk om te verseker dat die kinders by die skool kom, in die middae geleentheid het om huiswerk te doen (in die kerksaal) en ook die geleentheid kry om Jesus van Nasaret te leer ken en te volg.

Daar is bitter min romanties aan dié werk.  Maar Jesus dring die gemeente, en daar is vrug op die werk. Ek sal vorentoe hieroor ‘n bydrae op die blog publiseer.

Deel van hierdie vrug is die ouers van hierdie kinders wat kerklik ingeskakel raak en op hulle beurt óf leer om die Here te volg, óf weer die geleentheid kry om betekenisvol by deel van ‘n geloofsgemeenskap te word.

Onlangs, in Mei 2010, het vier volwassenes uit hierdie woonstelblok belydenis van geloof in die Cambridge-gemeente afgelê.

Lees gerus die volle artikel hier

Sas Swart vertel in hulle  nuusbrief Skakel, meer oor hoe hulle gemeente geskuif het van ‘n Herder-kuppe gemeente na ‘n gestuurdheid en hoe dit gelei het tot die inskakeling van nuwe lidmate