{ARGIEF}

Dit is Pinkstersondag, ons dink aan die Gees wat uitgesort is en onder wie se leiding ons leef. Ek wil graag vandag skryf oor ‘n soort bekering wat met my gebeur het oor die verstaan van die werk, of bewegings van die Gees.  Elders op die webblad is ons besig om verhale met mekaar te del oor die wyse waarop die Gees hierdie Pinkster beweging gebring het in ons gemeentes.

Michael Welcker skryf in sy werk God the Spirit die volgende oor die werk van die Gees  “ The community of those upon whom the Spirit has come is to grow out of diverse concreteness of individual life and suffering, the fullness of which cannot be taken in from any one perspective.  This community of those who have themselves become bearers of the Spirit is filled with the power of God. This community bears and reflects this power, lets it benefit others, and is itself strengthened in return.” (1994: 185)

Konkreetheid en diversiteit?  Laat ek maar eers begin by die vaagheid, om eerliker te wees, ongeloof waarmee ek hierme omgegaan het.  Vir ‘n groot deel van my lewe was die Gees se konkrete leiding niks meer as ‘n idee wat ek maar met ‘n goeie skoot “teologiese” skeptisisme bejeen het.  Nooit sou ek die belydenis daarvan bevraagteken nie, maar selde sou jy my vang dat ek kon wys nie waar die belydenis konkreet geraak het.

Dit het een naweek in die Suid-Kaap verander toe ek by ‘n gemeente fasiliteer. Ek het in 3 maande min kontak met hulle gehad en wou die naweek begin deur uit te vind wat gebeur het sedert ons bymekaar was.  Ek vra toe soos dit ‘n goeie fasliteerder betaam, vertel my wat het gebeur sedert ons laas bymekar was?  Jy bedoel seker, se een van die leiers, wat het die Gees gedoen sedert ons laas bymekaar was?  Die gesprek wat hieruit ontstaan het, het op ‘n manier my lewe onherroeplik verander. Die getuienisse van die groep was onverwags ryk aan betekenis en inhoud. Toevallige dat dit so goed gewerk het hierdie keer het ek gedink, totdat ek dit nog ‘n keer gevra het by ‘n volgende groep, en die ontdekking gemaak het: Wanneer ons ons instel op die konkrete werk van die Gees in ‘n spesifieke plek en oor ‘n spesifieke tyd, dit soos ‘n tyd van openbaring word, ryk aan inhoud en betekenis.

Onlangs is ek vir ‘n dag saam met ‘n Ring se predikante en ons praat oor geloofsonderskeiding en die werk van die Gees. Na ‘n halwe dag vra ek toe die vraag:  Wat dink julle het die Gees onder ons gedoen sedert ons vanoggend bymekaar is? Verbaas en skepties vra hulle my of ek dit regtig bedoel?  Ek antwoord bevestigend, absoluut.  Maar ons hou nie van almal wat links en regs bewer die Here het met hulle gepraat nie, help hulle my reg.  Ek ook nie, bevestig ek, mar dit nem nog nie weg dat ek glo dat die Gees hier teenwoordig is en met ons gepraat het nie.  Stadig maar seker begin ons gesprek te swaai en begin ons bewus raak van insigte wat in ons gesprek die oggend onder ons gegroei het.  Ons gesprek groei na dieper vlakke en ons egin mekaar bemoedig oor hoe ons ervaar dat die Gees ons in beweging bring en ons insluit om deel te neem aan dit wat die Gees reeds begin het.  Aan die einde nem ons besluite wat nie een van ons aan die begin van die dag in gedagte gehad het of gedink het dat die Ring gereed is voor nie.  Die Gees het ons beweeg.

Ek moes leer dat ‘n mense nie die beweings van die Gees raaksien deur te fokus op wat die gemeente doen of nie doen nie, maar op die tye wanneer daar beweging kom sonder dat ons dit self begin het.  Dit is realiteite wat ons gewoonlik nie raaksien nie omdat ons kerklike agendas so vol en so vas is.  Dit is alleen deur tyd te maak om te wandel in die Woord dat ons oe oopgaan vir wat die Gees onder en tussen ons doen.

Welcker is reg, die bewegings van die Gees is konkreet- maw waarneembaar al kan ons dit nooit in besit neem nie, kom daar ook by ons tye wat ons soos die leiers in Handelinge 15 dat die Gees ons gelei het om ‘n besluit te neem. Die bewegings van die Gees is nie soos ou teologiese waarhede wat opgewarm word vir die konteks van ons dag nie.  Die bewegings van die Gees is nuut en vars in en vir elke nuwe dag waarin ons leef en werk. Daarom se Coenie Burger terreg in sy boek GEmeenstes binne die kragveld van die Gees, dat die leiding van die Gees nie twee dae na mekaar dieselfde is nie. Dit is leiding wat nou aan ons gegee word vir die dag en die uitdagings wat ons nou moet aanspreek.

Verder is Welcker reg dat die bewegings van die Gees divers is en nie net deur een perspektief verstaan kan word nie.  Ons moet daarom tyd gee om na mekaar se verskillende perspektiewe te luister want in die diversiteit van die ervarings sal die leiding van die Gees ehelderder word.  Die teendel is dat indien en perspektief die res oorhees, ons nie noodwendig uit die een perspektief die volle beweging van die Gees sal verstaan nie.  Dit is hoekom die ekumene so belangrik is.  Dikwels is dit belangriker saam met wie ons die Bybel lees as wat ons eie perspektief is. In die leiers van Handelinge 15 het eers geluister na die getuienis van die sendelinge, van ervarings van heidnene wat tot bekering kom, op wie die Gees gekom het en wat gedoop is.  Verhale wat hulle stom moes gelaat het omdat dit eenvoudig buite hulle ervaringsraamwerk as “Joodse” volgeelinge van Jesus.

Dalk nog belangriker is dat Welcker se die begwegings van die Gees word ten beste verstaan uit verhale van “suffering”.  Daardie eerste gesprek met die gemeente, jare gelede, het ‘n spesifieke draaipunt gehad.  Iemand het ‘n verhaal vertel van die genade van ‘n tweede kans. ‘n Verhaal wat gebore is uit groot foute wat gemaak is en baie pyn en droefheid wat dit tot gevolg gehad het, maar die wonder van die genade van ‘n tweede kans wat binne die gemeeneskap van die gelowiges aan hom gegee is.  Die verhaal het die leiergroep so aangegryp dat hulle gemeenteroeping daardeur laat vorm het.

Lees gerus die getuienisse van die bewegings van die Gees hierdie Pinkster onder ons gemeentes en raak hopelik bewus van die beweging van die Gees in jou eie gemeente.