{ARGIEF}

 

Brain Mclaren vertel van ‘n geprek met Peter Senge – die ghoeroe van sisteemdinke- oor wat nou vir predikante belangrik sou wees. Senge vertel dat hy vir ‘n bestuurder van ‘n boekwinkel vra wat vandag die topverkopres is. Hoe om geld te maak is en was nog altyd in die VSA bo aan die lys, se die bestuurder, maar tweede is spiritualiteit. Nie boeke oor religion as a set of beliefs nie, maar as way of life. Daarom verkoop soveel boeke oor Budisme vandag, vertel die boekwinkel bestuurder. Ek weet ons moet nie die twee teenoor mekaar stel nie, maar as die boekverkoopsyfers reg is, sal ons moet leer om mense te begelei om christenskap te sien as ‘n manier van lewe, dissipleskap eerder as lidmaatskap van ‘n godsdienstige organisasie wat ‘n stel waarhede verkondig.

Maak nogal vir my sin as ek so in die koerante lees oor wat daar oor kerke en christenskap geskryf word, min mense is teen die idees van Christus, Die vrae en agressie het te make met ons onvermoe om wat ons bely te leef. Ek dink ons weet nie hoe om in gemeentes dissiples te vorm nie. Ons maak van mense lidmate van lojaal en betrokke in die gemeente moet wees, mar slaag nie daarin om ‘n beweging te wees waarin mense gevrom word as dissiples nie.

 

Peter Senge het my gehelp om iets te verstaan van wat ‘n gemeente kan doen om ‘n leefstyl te kweek. Dit  is  baie eenvoudiger- so eenvoudig dat ons dit moeilik glo-Roeping moet vertaal kan word in ‘n leefstyl waarin ons mekaar help om in oorstemming met ons Roeping te leef

Die gemeente kan ‘n beweging word wat vanself loop-of in die taal van sisteemdenke- “reinforcing” energie losmaak, indien mense in die gemeente gehelp word om die nuwe gedrag wat die roeping vra, in te oefen totdat hulle dit bemeester het.  Wanneer gemeentelede die nuwe gedrag bemeester het, kan hulle dit op enige plek leef sonder dat die leierskap noodwendig teenwoordig is of inisiatief neem. Dan kan hulle innoverend daarmee begin werk en daar waar hulle leef en werk.

Voordat ek ‘n paar opmerkings maak oor ‘n moontlike proses van beligaming eers net dit. Elders op die webblad sal julle ‘n artikel vind van Dirkie Smit oor die gereformeerde “gewoonte” om eers te “bely” en dan te “beliggaam”. Vir gereformeerders se het as ek reg onthou gaan ons belydenis altyd vooraf, maar dan is dit vir ons belangrik dat die belydenis ook beliggaam moet word. Daarom het gereformeerdes naas belydenisskrufte ook Kerkordes geskryf om te help met die beliggaming van die belydenis. Ek dink dit is waar dinge ontspoor het. Deur reels te skep oor hoe ‘n belydenis beligaam moet word, beteken nie noodwendig dat dit lewenswandel beinvloed nie. Dalk is Senge se idee van die persoonlike in-oefening van nuwe gedrag nader aan die kol as die skep van reels.

Ons het ‘n ernstige problem om al ons woorde te vertaal in ‘n nuwe leefstyl. trouens ons het soveel woorde dat nog meer woorde ons ongeloofwaardig maak. Ons probleem is dan dat ons die ongeloofwaardigheid probeer regstel met nog meer studie, nog meer woorde, nog mer verklarings van voorneme, maar die energie of visie om dit te begin leef- ontbreek.  Ek dink ons kan hieroor baie leer by tradisies met ‘n groter gerigtheid op die praktyk. Ek het die afgelope tyd baie te doen gehad met gemeentes in die platteland waar hulle lidmate verloor na charismatiese groepe of kleiner huiskerke.  In een van die gesprekke hoor ek die volgende:

Frederick dit is eintlik eenvoudig hierdie mense doen dat hulle glo. Hier word gebid, gesorg, mense kom tot inkeer. Ek het dit nog nooit ervaar in ons tradisie nie! Ek wil maar net my geloof uitoefen maar in ons ou gemeente is dit altyd ‘n geveg met strukture en reels, ons kom nie by die doen uit nie.

Natuurlik is die opmerking naief, daar sal ook konflik kom in die nuwe gemeente, maar ek dink ons moet luister na die boodskap. Is ons nie so vasgevang in kerklike bagasie dat ons die mees basiese van ons roeping as gelofsgemeenskappe nie meer spontaan leef nie?

Ons sal moet ophou om weg te kruip in ons koppe en begin leef wat ons bely.

1.Vertaal die roeping of visie van die gemeente in terme van gedrag- of leefstyl. Hoe lyk dit as mense die roeping begin leef, wat doen hulle oor en oor? Hierdie vraag dwing ons om nie net met algemene konsepte te werk nie, maar konkreet te raak. Dit dwing ons uit die gemaksone van die teorie na die praktyk. Bv indien die roeping van die gemeente praat van ‘n lewe saam met God- sou dit tog oa konkreet beteken dat mense gehelp word om God se stem in die Woord te hoor. Om met God te lewe is tog oa om sy stem te hoor. Lees gerus meer oor beliggaming en sintuiglikheid op Danie Mouton se blog Reisgeselskap

2.Gaan verder en omskep hierdie gedrag in ‘n gewoonte wat maklik aangeleer kan word en oor en oor in die gemeente gedoen kan word. In terme van die voorbeeld hierbo sou die Wandel in die Woord metodiek kon werk. Mense leer dit maklik aan, dit is 3-4 eenvoudige stappe en kan binne ‘n paar sessie begin om deel te neem hieraan.

3.Oefen die gewoonte in totdat die deelnemers die metodiek, of noem dit maar vaardigheid bemeester het. Die beste manier is om hulle dit self te laat doen en nog beter om hulle in posisie te stel waar hulle ander leer hoe om dit te doen- dit is die teach-to-learn beginsel. Met bemeestering bedoel Senge dat hulle nie net die inhoud ken, of die vaardigheid aangeleer het nie, maar ook dat hulle die gesindheid of houding van die gewoonte beliggaam. Met Wandel in die Woord is dit bv belangrik om ons ekspert posisie prys te gee- asof die Bybel ‘n stuk gereedskap in ons hand is, en onsself oop te stel dat die Gees deur die Woord nuut met ons kan praat.

4.Moedig mense aan om die gewoonte oral en met almal wat oor hulle pad kom te probeer en skep geleenthede waar mense daarom met mekaar kan getuig.

‘n Gemeente neem die dapper stap om hulle pinkster nie weer ‘n preekreeks te maak nie, maar ‘n geleentheid waar mense gehelp word om Lexio Divina te doen. Gemeentelede word genooi om elke aand te kom om die dissipline in te oefen. Hulle leer oa prakties hoe om stil te word voor die Here deur middel van ‘n asemhalingsoefening. Een van die predikante loop ‘n lidmaat by die bank raak. Hoe gaan dit, vra hy soos gebruiklik. Ek haal asem, antwoord hy en kan in my besige lewe arla waar ek kom binne oomblikke stil word en konnekteer met die Here! Wat het hier gebeur? Vir ‘n volle Pinkster is een vaardigheid van die gemeente se Roeping- om te kan stil word voor die Here- ingeoefen, gedemonstreer, weer ge-oefen, weer gedemonstreer, totdat die lidmaat dit bemeester het en nou kan hy dit oral leef. Die ou waarheid van stil word by die Here, het nou vir hom ‘n leefwyse geword!

 

Dit is nie moeilik om raak te sien hoe so ‘n bemeestering van eenvoudige vaardighede ‘n byna onkeerbare beweging tot gevolg sal he. Ek het die naweek in ‘n gemeente gewerk waar hulle nou die roeping van die gemeente wil implementeer. In die verlede sou ons nou begin het met strategie, strukture en prioriteite. Hoeveel kere het ek dit nie al met gemeentes gedoen nie, en dan kom daar nie eintlik iets van nie, want daar is nie mense wat die roeping kan leef nie. Om die Bybel aan te haal- Fil 1:27 vradat onslewenswandel in ooreenstemming wees met die evangelie. Lewenswandel in die griekspoliteuomaibeteken om as burger van die gemeenskap, maw in die publike so te lewe. Dit gaan oor roeping en dit gaan oor lewenswandel- publieke lewenswandel en die inoefening van die roeping totdat ons ditmet integriteit kan lewe in die publiek. Dit is tog wat ons in eredienste doen- ons doen rituele oor en oor in die publiek.

Ek is verbaas hoe moeilik ons dit vind om in hierdie terme te dink. Ek dink dit is omdat ons geleer is om met inhoude te werk- kopinhoude- ons kan die Bybel uitle, ons kan teologies daaroor praat en ‘n roeping formuleer, maar ons het dikwel nie ‘n clue hoe om mense te lei om die roeping te leef nie, om te politeuomai nie. Dan begin ons maar weer om ‘n nuwe roeping (lees kopskepping)te formuleer en draai ons so net meer vas want op die grond het min of niks verander nie behalwe dat die dominees darem ‘n paar temas gekry het vir sy preke. Wat onbs eerder moet doen is om aan te hou om die vaardighede in te oefen, in sommige gevalle neem dit nie maande nie maar jare totdat dit bemester is en ‘n leefwyse geword het. In ‘n gemeente wat susksesvol is met hulle fokus hierop hoor ek dat hulle dissipleskapgroepe eers na twee jaar by die punt gekom het dat die groepslede selfstandig raak in die uitleef van hulle roeping. Laat ‘n mens weer ‘n keer dink aan hoe Jesus vir 3 jaar met die klein groep dissiples gewerk het.

‘n Laaste opmerking- moenie ophou voor mense- en onsselfdie nuwe gedragnie bemeester het nie. Die naweek het ons op ‘n stadium in die proses vasgeval- ons het verskil van mekaar. Ons het in die proses al dikwels hier gekom- ons verskil, raak driftig, begin mekaar te kritiseer, selfs te beskuldig van eie ego ens en dit word morsig. Maar hierdie Sondag oggend was dit anders, een van die leiers wat baie sterk oor sy saak gevoel het, het die proses gestop en gese- kan ek net eers seker maak of ek jou reg gehoor het, en rustig die standpunt waarvan hy verskil ge-eggo. Ja, antwoord die ander leier, jy het my reg gehoor, dit lyk my ons is nie so ver van mekaar as wat ek gedink het nie. Die twee leiers het die kuns om te luister in situasies waar daar drygende konflik is, bemeester. Niemand hoef hulle voor te geskryf het nie, omdat hulle dit bemeester kon hulle dit self implementeer. Maak dit ‘n verskil- dit maak die wereld se verskil- in so ‘n mate dat ‘n skeptiese deelnemers aan die proses nou skielik se, ek dink hier is regtig iets aan die gebeur.
Hoe lank het dit geneem- maar net twee jaar om die kultuur van kritiek en afkraak om te draai na ‘n kultuur van luister! Maar ek sal verbaas wees indien die gemeente weer sal terugkeer tot die ou kultuur van kritiseer daar is te veel mense wat die vaardigheid van luister bemeester het- dit gaan nie maklik gekeer kan word nie.