{ARGIEF}

Pete Scazzero het 2 boeke geskrywe: “Emotional Heathy Church” en “Emotional Healthy Spirituality (EHS)”. Altwee het werkboeke wat in groepe gedoen kan word. Ons is besig om te onderhandel om (EHS) werkboek in Afrikaans te vertaal. EHS word nou as ‘n pakket bemark – DVD, boek en werkboek.
Pete spreek hier ‘n uiters belangrike aspek van dissipelskap/christenwees aan. Ek het in my eie lewe ontdek dat ek in sekere areas van my lewe emosioneel uiters onvolwasse is. (Pete het ‘n vraelys wat jou hiermee help.) Ek sien ook rondom my hoe christene, selfs na jare van christenwees emosioneel onvolwasse bly. Ek sien dit ook by predikante…

Ons gaan in ons VBO “Geloofsvormende reis vir predikante” hieraan aandag gee. Ons begin met Emosioneel Gesonde Spiritualiteit.

WAARSKUWING: MOET NIE HIERDIE KURSUS IN JOU GEMEENTE AANBIED ALVORENS JY NIE SELF AL ‘N END GEGROEI IN EMOSIONELE VOLWASSENHEID NIE. kOM WOON ONS VOLGENDE VBO GELEENTHEID OOR EHS BY

NS Ons het Pete genooi om volgende jaar SA toe te kom.