{ARGIEF}

Waar trek ons nou? Ons het verlede jaar begin met ‘n Geloofsvormende reis vir Ds. Daar was 2 geleenthede wat bygewoon kon word. Altwee het gehandel oor Pete Scazzero se werk: Emotional healthy church en Emotional healthy spirituaity. Dit was vir ons Nb om hier te begin. Vir die Geloofsvormende reis is dit noodsaaklik om diep en eerlik na ons self te kyk. Die innerlike reis is abie NB. Scazzero het ons gehelp om ons eie emosionele ongesondheid raak te sien. Die pad van groter emosionele gesondheid is die pad van kontemplatiewe spiritualiteit. Stadiger leef!
Vir die wat reeds 2009 deurloop het is daar 2 unieke byeenkomste wat voorle:
3-7 Mei. Vir ‘n week lank word ons verder begelei op die reis van selfontdekking. Suster Mary (wat saam met Willem Nicol werk) doen die Enneagram met ons. Net 14 persone kan dit bywoon en jy moes die Scazzero werkswinkels bygewoon het in 2009.
8-13 Augustus. Dallas Willard besoek RSA!!! (Kaapstad) Ons is baie opgewonde hieroor. Dis uiteraard oop vir enigiemand om by te woon (Ds). Daar sal heelwaarskynlik die Sondag ‘n oop byeenkoms vir almal wees, maar dan vanaf die Maandag tot die Vrydag slegs vir Ds. Verdere inligting sal beskikbaar gestel word, so gou finale reelings getref is.
In 2010 word daar ook weer met ‘n nuwe siklus begin: 2 byeenkomste wat handel oor Emosionele gesondheid. Die 2 datums is 19-21 April en 13-15 Sept in die Kaap. Plek sal later bekend gemaak word. Inskrywings kan reeds by Chrisna (Communitas) gedoen word.

Geloofsvormende reis vir gemeentes.
‘n Geloofsvormende reis vir gemeentes is ook besig om gestalte te kry. Op hierdie stadium lyk die beplanning soos volg
Jaar Eerste kwart: 40 dae 2de kwartaal 3de kwartaal 4de kwart
Jaar 1 Leer leef met Jesus Jesus is Here! Luister Retraites
Jaar 2 Jesus maak ons heel Die innerlike reis (1) Die innerlike reis (2) Retraites
Jaar 3 Jesus stuur ons 8 patrone Handelinge Retraites
Jaar 4 Jesus vorm ons harte Dallas Willard Dallas Willard Retraites
Jaar 5 Nuwe lewe deur die Gees Christelike praktyke Christelike praktyke Retraites

‘n Hele paar gemeentes gaan nou in die 1ste kwartaal met “Leer leef met Jesus” begin. Sterkte! Die res van die publikasies is besig om ontwikkel te word.Kontak myself by gysvs@iafrica.com
Deon Loots se Dissipelskap proses wil ek ook sterk aanbeveel. Dit word deur verskeie gemeentes met groot seen gebruik. Kontak Deon by dissipel@gmail.com

Twee boeke wat ek die vakansie gelees het en baie sterk wil aanbeveel is:
* Richard Foster – Life with God. Bevestig waarmee ons in ons reis mee besig is.
* Eugene Peterson – The Jesus way. Hierdie boek is ‘n moet lees. Uitdagend. Ek dink Peterson se beste boek tot dusver.

Peterson verwys oa ook na Jesus se eerste woorde as weselik vir nie net die verstaan van Jesus en sy werk nie, maar ook van wat Christenwees beteken. Hy verwys spes na die werkwoorde:
The firstimperative, :Repen”, requires a decision to leave ons way of life and set out on another.
The second imperative, “Belive” , requires a personal, trusting, relational involvement in this comprehensive reordering of reality. (Koninkryk)
And the third imperative, “Follow”, gets us moving obediently in a way of life that is visible and audible in Jesus, a way of speaking and thinking, imagining and praying, that is congruent with the present, immediate (“at hand”) kingdom realities.
Seen
Gys