{ARGIEF}

Na 2 byeenkomste in Namibie, een in die Wes-Kaap en Suid-Kaap en die volgende een op 25-27 Aug in PE, wil ek ‘n paar opmerkinge maak.

  1. Die noodsaaklikheid vir ‘n reis van geloofsvorming vir die predikant is van kardinale belang. Dit gaan nie op hierdie reis oor iets wat ons moet gaan doen nie, maar ‘n uitnodiging tot ‘n egte, gesonde, meer emosioneel volwasse mens wat weer leer om eerstehands met God te lewe en weer met vreugde te kan lewe. Lg sluit ons huwelike, gesinne en ons werk in.
  2. Radikale innerlike transformasie (Rennovation of the heart – Dallas Willard) is wesenlik deel van hierdie reis.
  3. Emosionele onvolwassenheid en ongesondheid (Scazzero) verhinder tot ‘n groot mate hierdie transformasieproses. Dit is vir my sleg om te bely dat na meer as 35 jaar as ‘n christen en meer as 25 jaar as ‘n Ds ek ontdek het dat ek in sekere fasette van my lewe ‘n emosionele babatjie is!! Dit het veral geweldige gevolge gehad vir my huwelik en my gesin. Dit het ook enorme gevolge vir die integriteit waarmee ons as christene en daarom ook as Ds verlos is om te lewe.
  4. Ek merk op dat daar ‘n geweldige wanbalans by ons Ds is tussen ons “doing” en “being”. Hierdie wanbalans word op hierdie reis aangespreek.
  5. Ons begin die reis van die “vals self” na die “ware self”. Ons kan maar die maskers laat val…
  6. Wat ‘n bevryding!
  7. Ek het die afgelope tyd heilige grond betree wanneer Ds eerlik begin raak het oor waar hy/sy is. Dankie dat julle bereid was om dit te doen bv in die 3 jongste getuienisse op die blog. Die pad van herstel begin daar waar ons eerlik raak met onsself…
  8. Enige Ds wat by ons wil aansluit is BAIE welkom. Ons reis as gebrokenes saam…