{ARGIEF}

Daar is vroeër op die ouerskap blog gevra of deelnemende ouerskap dieselfde is as liberale ouerskap.

Hoewel dit ‘n baie tegniese vraag is, sal ek probeer om dit te beantwoord: Liberalisme word gekenmerk deur oop, nie-ortodokse denke op alle gebiede, onder andere die godsdiens, ekonomie, kultuur en politiek. Die persoon wat liberaal is moedig dus absolute vryheid van denke aan. Dit bevraagteken alle sake – daar is geen heilige koeie nie.

POSPAR is ‘n kursus in deelnemende ouerskap  Die deelnemende benadering is demokraties en nie liberaal van aard nie. Almal in die gesin se mening word gerespekteer en in ag geneem by besluitneming. Ouers, vanweë hulle ervaring speel natuurlik ‘n belangrike rol. By besluitneming word waardes, waarop die gesin besluit, en verhoudings in ag geneem en nie noodwendig bevraagteken nie. Gesinslede wat afwyk van die gesin se missie word gedissiplineer. Let wel, daar is ‘n verskil tussen straf en dissiplinering, maar daaroor gesels ons later – of woon liewer ‘n POSPAR kursus by.