{ARGIEF}

Paulus bid dat die Filippense dit sal regkry om empaties te wees –  om hulself in ander mense se skoene te plaas sodat hulle begrip kan hê vir hoe die ander persone voel. Hy gaan dan voort om te sê dat as hulle daarin slaag om emapties te wees, dit hulle in die regte verhouding met God (en sekerlik ook met hulle kinders) sal plaas.

Deur POSPAR help ons ouers om begrip en fyn aanvoeling vir hulle kindes te ontwikkel en ons weet dat dit, meer as enigiets anders, ouers en kinders in die regte verhouding met mekaar en God plaas.

Kom ons demonstreer wat hier gesê is met ‘n alledaagse voorbeelde:

Sannie, ‘n goeie atleet, neem aan ‘n wedstryd deel en presteer nie so goed soos gewoonlik nie. Sy kom vyfde, terwyl sy gewoonlik eerste is. Sy kom sleepvoet, sigbaar teleurgesteld by haar ouer op die pawiljoen aan. Dié is self teleurgesteld en blameer haar: “Ek het mos gesê jy moet vroeg gaan slaap sodat jy kan uitrus, toe weet jy mos van beter en gaan fliek.” Daar was waarskynlik waarheid in die ouer se stelling, maar dit het nie wat gebeur het verander of verbeter nie. Boonop  het die reaksie die verhouding tussen ouer en Sannie skade aangedoen. Sannie se reaksie hierop was: “Hou tog net op!” en toe het sy in trane uitgebars en afgestorm van die pawiljoen – weg van haar ouers.

POSPAR help die ouer om te verstaan dat indien hy of sy fyn aanvoeling openbaar deur figuurlik gesproke in Sannie se skoene te klim om uit te vind hoe sy as gevolg van haar swakker as gewoonlik prestasie gevoel het, hy of sy waarskynlik iets soos die volgende sou wou sê: “Jy voel seker baie teleurgesteld.” So ‘n empatiese respons bewys dat die ouer “‘n fyn aanvoeling het vir dit waarop dit werklik aankom.” Sannie sou beleef hjet dat die ouer begrip het dit sou hulle verhouding met met mekaar positief beïnvloed het. Dit sal ook die hek oopmaak het om weer oor die saak te gesels van hoe ‘n goeie nagrus voor ‘n belangrike resies belngrik is.

Ons hoor graag u kommentaar hierop.