{ARGIEF}

Egipte was nog altyd daarvoor bekend dat hulle polities ‘n relatief stabiele moondheid in die Midde Ooste was. Hulle het beheer oor die Suez kanaal. Hulle regering het oor jare heen bygedra tot die magsbalans tussen Israel en die Arabiese lande.

Deur middel van ‘n relatief vreedsame revolusie het president Hosni Mubarak uiteindelik die boodskap gekry om te bedank. Huidig is die weermag in beheer en ‘n verkiesing is belowe.

Wat egter nie so duidelik is nie, is of daar regtig iets is wat die demonstreerders (polities) verenig? Onder president Mubarak kon die “Muslim Brotherhood” nie hul ondersteuning by die stembus toets nie. Kan hulle dalk as ‘n krag na vore kom midde in die gefragmenteerde opposisie groeperings? Gaan daar dalk ‘n meer vyandige regering teenoor Israel verrys?

Die revolusie van die sosiale media (selfoon, twitter, ens) of sogenaamde “burgerlike joernalistiek” wat in Tunisië begin het, het aansteeklik geword met rimpelings tot in Iran, Algerië en Bahrein. Gaan die gevolge van hierdie gebeure van die ingrypendste die afgelope 50 jaar in die Midde Ooste word?

Soos die redakteurskolom van die Financial Mail berig: “Not for what it has achieved (that is not yet clear), but for what it has shown is possible”. (18/02/2011 – p.12)

Sosiale media het vir ons kom leer dat individue ‘n invloed op die gang van die geskiedenis kan hê. Dit stel elke mense in staat om deel te neem aan ‘n nuwe soort demokrasie, die sogenaamde mediakrasie!

Dit laat mense nie meer so magteloos voel teenoor die voorheen magtige media nie, want massamedia het nou “mymedia” geword. “Moenie die media haat nie, wees die media” lui die graffiti op ’n muur in ’n Kaapse voorstad. Hiervoor moet jy nie net die knoppies van jou selfoon kan druk nie – dus tegnologies-geletterd wees nie – jy moet ook weet hoe om boodskappe te analiseer en te interpreteer, en hoe om self media te skep – dus media-geletterd te wees/word. (Lizette Rabe) Dít kan onder andere bepaal of demokrasie verdiep gaan word of nie …

lees ook oor die Pew Foundation en ander se inligting oor Christene in Egipte