{ARGIEF}

Dan gaan haal jy, uiteindelik, daardie glas morfien. Uit liefde, uit desperaatheid, pleeg jy genadedood. Genade. Dood …” vertel hy in ‘n onderhoud met Hanlie Retief.

Nou staan hy in Nieu-Seeland tereg op ‘n aanklag van poging tot moord. Prof Pierre de Vos vertel, soos ons weet, dat genadedood nie in die Suid-Afrikaanse reg erken word as ‘n verweer wanneer iemand tot die dood van iemand anders bydra nie. Daar word wel ‘n onderskeid getref tussen iemand wat aktief stappe doen om ander by te staan om te sterf, en wanneer mediese behandeling gestaak word.

In eersgenoemde geval is ‘n mens aandadig aan moord. In laasgenoemde geval nie. Dit is egter nie altyd maklik om dié onderskeid te tref nie en daar is ‘n grys gebied in ons reg in dié verband.

Belangrike perspektiewe wat ons voortdurend in gedagte behoort te hou in gesprekke rakende aktiewe genadedood, is dat die ontwikkeling van die mediese wetenskap meebring dat relatief min dinge buite ons “beskikkingsmag” val. Ons het heelwat meer beheer oor dood (en lewe) as vroeër.

Is dit regtig moreel aanvaarbaar om lewe aan die gang te hou veral as daardie lewe geen aanduibare lewensfunksie en -gehalte meer toon nie? As iemand terminaal siek is, erg ly en fisiek tot die dood afgetakel is, dink ek, kan daar ‘n sterk morele saak uitgemaak word dat dit in orde sou wees as so iemand, binne aanvaarbare etiese norme, met die sterwensproses gehelp word.

Ons fokus in die Christelike etiek baie op God wat lewe gee en neem. En natuurlik is dit reg so. Maar daar is méér kante ter sprake. Mense word ook opgeroep om deernis te hê. Om sover hulle kan, lyding te help verlig, asook om menswaardig te kan sterf.

Ek dink elke mens behoort die demokratiese reg te hê om sy/haar eie lewe te beëindig. Ek propageer hiermee nie selfmoord nie, maar wil ruimte skep vir veral vrywillige aktiewe genadedood (Sean se ma het dit so in haar lewende testament beskryf) onder omstandighede wat eties aanvaarbaar is.