{ARGIEF}

Begeleidende brief

Kort agtergrondsinligting rakende die Heartlines reeks “Hopeville” wat vanaf 3 Maart op Dinsdae 19:30 SABC 2 uitgesaai word, is nou beskikbaar. Asook ‘n klomp preeksketse oor 8 moontlike waardes wat waarskynlik in die reeks gedra gaan word, ‘n preekreeks oor Nehemia deur Peter Langerman en die Bybelstudie van Heartlines oor Nehemia.

Die preekreeks en Bybelstudie is nie bedoel om bymekaar aan te sluit nie, maar sou met vrug saam gebruik kan word. Omdat ons glad nie iets van die reeks vooraf kon sien nie, het ons 8 waardes geïdentifiseer wat ons reken ter sprake gaan kom. Ons weet nie watter waarde watter week die sterkste na vore gaan kom nie, daarom moet dominees/geestelike leiers maar self besluit watter week hulle by watter waarde gaan stilstaan.

Hierdie dokumente kan by die volgende skakels afgelaai word:

Preeksketse oor 8 waardes (onderliggend aan die reeks)
Bybelstudie oor Nehemia: Heartlines
Preekreeks oor Nehemia: Peter Langerman (Presbeteriaanse Kerk)

Baie dankie aan elkeen (uit die verskillende kerke) wat ‘n bydrae tot hierdie “pakkie” gelewer het, en wat hiervan gebruik gaan maak. Mag dit tot groot seën wees!

Christelike Lektuurfonds verskaf al meer as 50 jaar gratis, inspirerende en lewensveranderende lektuur aan mense in verskeie tale. Kliek hier om die katalogus te besigtig.   ( http://www.clf.co.za/Forms/Categories_afrikaans.aspx)