{ARGIEF}

Dié gebedsriglyne vind aansluiting by die werk en nalatenskap van Calvyn. Dit is gebaseer op sy sogenaamde vier reëls wat met die oog op gebed nagekom behoort te word.

  1. Die eerste is eerbied vir God. Dit raak die instelling van die bidder se gedagtes op God en sy teenwoordigheid.
  2. Die tweede reël lê klem op die bidder se behoeftes en konfronteer haar met die regte ingesteldheid tot God, asook die inhoud van dit wat voor God gelê word.
  3. Die derde reël vereis die aflê van enige vorm van hoogmoed en selfbelang. Die aflê van hoogmoed in gebed, lei tot die opregte pleit om vergifnis, asook vertroue op God se genade.
  4. ’n Vierde reël vir gelowige gebed is ’n vaste vertroue dat
    ons gebede verhoor word. Dié oortuiging spoor ons juis aan tot gebed.
    Dit behels ’n ernstige oortuiging van ons ellende, vergesél van ’n
    vaste hoop. Daarmee beklemtoon Calvyn dat gebed die werk van geloof is.

Die temas is as volg:

  1. Ons roeping om te bid (aanbidding en voorbidding)
  2. Ons roeping is ook om betrokke te raak in die wêreld – olv die Gees is ons God se transformasie agente
  3. Ons roeping om te bid en te werk vir eenheid en versoening – Johannes 17, Romeine 12, Efesiërs 2:11-22, 4:1-6,
  4. Ons roeping om te bid en werk vir die heling van ons wêreld
  5. A CALL FOR THE CHURCH TO PRAY AND WORK FOR PEACE
  6. Ons is geroep om die Here te verheerlik – in alles!

Laai die Week van gebed 2009 hier af.