{ARGIEF}

Lukas 10: 1-12

1 Daarna het die Here twee en sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke dorp en plek waarheen Hy van plan was om te gaan.2 Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. 3 Gaan nou! Maar onthou: Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe in. 4 “Moenie ’n beurs of ’n reissak of skoene saamdra nie, en moenie langs die pad met groetery tyd verkwis nie. 5 As julle in ’n huis kom, moet julle eerste woorde wees: ‘Vrede vir hierdie huis.’ 6 As daar iemand woon vir wie die vrede bestem is, sal die vrede op hom bly; so nie, sal dit na julle toe terugkom. 7 Moenie van een huis na die ander trek nie, maar bly in dieselfde huis, eet en drink wat hulle voorhande het, want die arbeider is geregtig op sy loon. 8 As julle in ’n dorp kom en hulle ontvang julle, eet dan wat hulle vir julle voorsit. 9 Maak die siekes daar gesond en sê vir die mense: ‘Vir julle is die koninkryk van God baie naby!’ 10 Maar as julle in ’n dorp kom en hulle ontvang julle nie, gaan dan uit in sy strate en sê: 11 ‘Selfs  julle dorp se stof wat aan ons voete sit, vee ons af as aanklag teen julle. Maar dit moet julle weet: die koninkryk van God is baie naby.’12 Ek sê vir julle: Vir die mense van Sodom sal op dié dag draagliker wees as vir daardie dorp.

Leef in die Woord

Wanneer die personeel van die Church Innovations Institute bymekaarkom, staan ons altyd die eerste 20 – 30 minute, soms meer, daaraan af om by die Woord van God  stil te staan.  Die gedeelte wat ons gewoonlik oordink, is Lukas 10:1-12. Dit is ’n storie van sending, van om met die mees basiese instruksies uitgestuur te word, afhanklik van die gasvryheid van mense wat ons ontvang. Die gedeelte praat met ons soos wat ons nadink oor ons werk. Soms laat dit ons vorentoe beweeg, soms laat dit ons anders dink oor wat gebeur en hoe om daarop te reageer.

Julle kan ook hierdie gewoonte hê.

  1. Kies ’n Skrifgedeelte – dalk ’n teks vir die komende week, dalk ’n verhaal wat reeds vir julle groep ’n spesiale betekenis het – en lees dit hardop.
  2. Sit saam in die Woord, in stilte, in gesprek, en deel met mekaar wat julle verbeelding vasgegryp het of waar ’n vraag opgeduik het. Lewe in die Woord.
  3. Praat oor die gedeelte wanneer julle oor iets ’n besluit moet neem. Wat sê dit dan vir julle?
  4. Sluit af met die Skrifgedeelte en met gebed.
  5. Praat tydens die volgende byeenkoms op dieselfde wyse oor die Skrifgedeelte.
  6. Leef vir ’n paar maande in die Skrifgedeelte. Dit sal, namate julle dit weer lees, meer en meer insig bied (by Church Innovations leef ons al tien jaar lank in Lukas 10).

Laat weet ons hoe dit vir julle werk. Ons ontvang graag terugvoer en geniet dit om stories en insigte te versamel. Stuur vir ons ’n e-pos by info@churchinnovations.org.