{ARGIEF}

Patroon 1

ONTDEKKING VAN ROEPING

Gesamentlike onderskeiding waarheen God die gemeente stuur

Vrae om te oordink
  • Aan wie behoort hierdie gemeente?
  • Hoekom bestaan hierdie gemeente?
  • Waarheen word hierdie gemeente nou gestuur?
  • LEES MEER

Patroon 2

BYBELSE VORMING EN DISSIPELSKAP

Deur die Bybel verander tot gehoorsame en getroue dissipels van Jesus

Vrae om te oordink
  • Hoe ontdek iemand wat dit beteken om ‘n dissipel van Jesus te wees?
  • Vorm ons aktiewe lidmate of getroue dissipels?
  • LEES MEER

Patroon 3

NEEM VAN RISIKO’S

Leer om weerstand vanuit die gemeente en vanuit die samelewing te hanteer

Vrae om te oordink
  • Hoe smelt ons saam met of is ons anders as die omgewing rondom ons?
  • Kan julle vertel hoe hierdie gemeente al gewaag het ter wille van die evangelie?
  • LEES MEER

Patroon 4

GEBRUIKE WAT IETS VAN GOD SE WIL VIR DIE WERELD SIGBAAR MAAK

Die gemeente se manier van doen help om iets van God se hart en wil te wys vir die hele wêreld

Vrae om te oordink
  • Hoe hanteer die gemeente interne konflik of verskille?
  • Hoe lyk vergifnis, versoening en die herstel van verhoudings prakties in hierdie gemeente?
  • Hoe bewys ons hier gasvryheid teenoor vreemdelinge?
  • LEES MEER

Patroon 5

EREDIENSTE AS PUBLIEKE GETUIENIS

Die gemeente se aanbidding is op God gefokus en trek mense van buite aan

Vrae om te oordink
  • Is God die fokus van aanbidding, of is daar dalk iets anders?
  • Watter indrukke kry buitestaanders in julle eredienste wat hulle ‘n idee sou gee van hierdie gemeente se prioriteite?
  • LEES MEER

Patroon 6

AFHANKLIKHEID VAN DIE HEILIGE GEES

Die gemeente bid saam en verwag dat die Gees sal lei en werk

Vrae om te oordink
  • Beskryf ‘n tyd in die lewe van hierdie gemeente toe lidmate oortuig was dat die Heilige Gees hulle gelei het en toe hulle besef het dat alles nie van die gemeente self afhang nie
  • Waar en wanneer het die gemeente al gebid: “Nie ons wil nie, maar U wil geskied.”
  • LEES MEER

Patroon 7

OP REIS NA DIE KONINKRYK VAN GOD

Die gemeente is nie die koninkryk van God nie, maar ‘n voorsmaak daarvan

Vrae om te oordink
  • Sien die gemeente hulleself as ‘n voorsmaak van die komende Ryk, of as die hoofmaaltyd?
  • Waarin beleef die gemeente dat hulle wel reeds ‘n voorsmaak van die komende Ryk van God is?
  • LEES MEER

Patroon 8

ROEPINGSGESAG

Leierskap bevorder die soeke na God se roeping vir die gemeente en beliggaam dit

Vrae om te oordink
  • Waar en hoe vergader die leiers om saam te onderskei wat God se wil is vir die gemeente?
  • Wat is die lys van dinge waarvoor die leiers mekaar verantwoordelik hou?
  • Hoe beliggaam die leiers van hierdie gemeente die gemeente se roeping?
  • LEES MEER