{ARGIEF}

2. NUWE CLUSTERS

2.1.  Hier volg kort nuus rakende nuwe clusters in die land:

  • Danie Mouton het ‘n bekendstelling in KZN gedoen hierdie week en ons hou duim vas dat daar ook in hierdie streek ‘n cluster sal begin
  • Gauteng 3 (Johannesburg) se cluster skop volgende naweek af.  Gideon Kok, Willem Strauss en Corneil du Plessis is die aanbieders.
  • In die Noord-Kaap woel dit ook.  Louwtjie laat weet dat daar ‘n moontlikheid is van ‘n nuwe cluster op Kathu. Hy en Andre de Villiers neem die leiding daar.
  • Die Boland cluster hou op 20 Junie ‘n laaste inligtingsessie en hoop om in die derde kwartaal af te skop.  GP Kellerman is aanbieder.  Daar het reeds vyf gemeentes ingekoop en ons hoop daar is nog oppad!
  • In die Vrystaat oorweeg die Ring van Sasolburg om as Ring met ‘n cluster te begin en sal in die 3de kwartaal verder hieroor praat.
  • In die Bosveld agter die Waterberge het gemeenteleiers verlede week vir ‘n eerste informele sessie bymekaar gekom en daar is baie entoesiasme onder die gemeentes van die omgewing om te begin.  Hannes Peens is clusterleier en Chris Harris van Potgietersrus sal as aanbieder optree.
  • In Pretoria praat hulle ook van nuwe clusters maar hierdie week kan hulle nie dink nie- hulle breine is blou – dus hoor ons later van hulle …

3. HANDELINGE KONFERENSIE
Die Handelinge konferensie van verlede week het ‘n groot inpak gemaak op ons almal wat gestuurde teologie probeer bedink. Dankie aan ‘n klomp van julle wat hier was en bydraes gemaak het! Die referate is op www.communitas.co.za beskikbaar. Gaan  lees en luister gerus. Dit is werklik baie goeie missionale stof om met taakspanne, ensovoorts,  te behandel
Gemeentes wat wil “Wandel in Handelinge” kan gerus met Johann du Plessis van Kenridge gemeente kontak. Meer detail is op www.communitas.co.za

4. NOVEMBER 2009 KONFERENSIE
Die Vennootskap is vanjaar 5 jaar aktief in Suider Afrika en ons hou 9-11 November ‘n konferensie met die tema: “Beliggaming van die Gestuurde Visie.”
NG Helderberg gaan as gasgemeente optree.
Prof. Pat Keifert en ander internasionale vennote sal ook die konferensie bywoon. Volgende keer meer detail hieroor.
Stuur asseblief die nuus aan na soveel moontlik belangstellendes

Dr. Frederick Marais
SAVGG Projekleier
Noordwal-Wes Kweekskool Stellenbosch
(k) 00-27-(0)21 808 3265
(f) 00-27-(0)86 530 4106
(s) 00-27-(0)83 380 1657
e-Pos : jfm@sun.ac.za
Blog : www.communitas.co.za/Padlangs
Webwerf : www.communitas.co.za