{ARGIEF}

Lectio Divina

– ’n Ander manier van Bybel lees

Oorwegend lees ons die Bybel om inligting te kry oor hoe om ’n probleem op te los, om vas te stel wat reg en verkeerd is, of om vas te stel hoe ons moet optree.  Dit is egter nie wat God bedoel het met:  “Laat julle denke elke dag vernuwe word nie”. (Rom 12:2)

Vergelyk die twee kolomme hieronder.  Is jou manier van Bybel lees oorwegend informatief?  Die bedoeling van ons omgang met God en Sy Woord is die transformasie van ons lewe. Daarom is daar nie ’n reg of verkeerd te kies tussen die twee kolomme nie, ons moet eerder beide beoefen.

Informatiewe                                                  Formatiewe

1. Lees met die verstand om te begryp               Lees met die hart om te ontvang
2. Kwantiteit                                                   Kwaliteit
3. Verstaan                                                     Luister
4. Haastig                                                       Wag
5. Inligting (informasie)                                    Transformasie
6. Om kennis te versamel                                 Verhouding: om iemand te leer ken
7. Beheer                                                      Broos
8. Doing                                                        Being
9. Funksioneel – Bybel is ’n hulpmiddel               Verhoudings – Bybel =  stem van God

Lectio Divina

Latynse uitdrukking wat letterlik beteken: Goddelike lees

Lectio is ’n praktyk wat uit die vroeë kerk kom. Dit is ’n praktiese en ongeklompiseerde manier om jouself gereed te kry ten einde werklik na God se stem te luister soos wat dit uit die Bybel aan ons gebring word.
 
Lectio Divina
(Goddelike Woord)

  • Word stil 

Kom tot rus in die wete dat God teenwoordig is.
Ek probeer om elke keer op dieselfde plek  die oefening te doen, dit help my om te rus. Die volgende twee tekste help my baie hiermee
“Net by God vind ek rus”  (Ps 62)
“Kyk, Ek is by julle tot die einde van die wêreld”  (Mat 28)
Ek probeer om eers werklik te rus in God se teenwoordigheid voordat ek die Skrif lees.

  • lees die Skrifgedeelte 

Vra die Gees van God om met jou te praat. Lees die Skrifgedeelte hardop indien nodig. Probeer verstaan wat jy lees.

  • Meditasie / nadenke oor die Skrifgedeelte

Lees die Skrifgedeelte vir ’n tweede maal. 
• Hoe word jou lewe geraak deur wat jy lees? 
• Watter vers, woord, moment of beeld staan vir jou uit en bly by jou?
• “Bly” nou  in die vers, woord, moment of beeld en luister na wat God vir jou sê. Dit kom nie altyd maklik nie, maar probeer net fokus op die vers, moment of beeld en wag dit inkom in jou lewe en jou begin vorm
(Dit is verkieslik dat jy hier ruim tyd gee- ek gebruik ‘n minimum van 20 minute hier)

Skryf neer wat jy hoor/ervaar indien jy dit wil onthou.

Gebed van die Skrif 

Lees die Skrifgedeelte vir ’n derde keer as ‘n gebed.  Praat met God op grond van wat jy gehoor het.

  • Oordenking 

Rus en wag op God in stilte net om te kan luister. Dit is nie nou ‘n tyd vir nuwe gedagtes nie, maar wel vir rustige  “oordink” van wat jy by 3 en 4 ontvang het.

  • Vertel iemand

As jy gereed is daarvoor vertel vir iemand wat jy gehoor het

(Metodiek ontwikkel deur Gys van Schoor geskoei op Robert Mulholland se werk  Shaped by the Word)