{ARGIEF}

COMMUNITAS-EBOOK-GIELIE-LOUBSER-small200’n Literêre studie van Gielie Loubser wat die normatiewe motivering van die geloofsritueel ondersoek en vanuit ‘n missionale teologie beoordeel. Dit is die Navorsingsverslag wat hyt voorgelê het ter voltooiing van die vereistes vir die graad Magister in Teologie by die Universiteit Stellenbosch. Studieleier: Dr C.W. Burger. Datum: Desember 2014.

Skaf dit hier aan: gratis

Opsomming


Die kerk gebruik ‘n belydenisafleggingsritueel aan die einde van ‘n kategese proses met kinders. Hierdie ritueel gee aan die kandidate ‘n belydende lidmaatskap status wat iemand onderskei van hulle wat net ‘n doop lidmaat is. Hierdie gebruik het geen Bybelse oorsprong nie en is net as gevolg van praktiese redes. Die kerk beland verder in ‘n dilemma as daar onderskei word tussen doop- en belydende lidmaatskap aangesien die kerkorde duidelik is dat die doop jou volledig inlyf in die liggaam van Christus.
Die werkstuk het ten doel om ‘n reeds problematiese ritueel vanuit die missionale teologie te evalueer in ‘n poging om meer betekenisvolle elemente voor te stel. Drie perspektiewe word oorweeg.

  1. Eerstens word die waarde van die ritueel as ‘n betekenisvolle mylpaal ondersoek.
  2. Tweedens word die waarde van geloofsonderskeiding vir die katkisant uitgelig as een metodiek om verwondering te skep. Verwondering gryp die verbeelding van die hart aan wat lei tot geloofsoortuigings.
  3. Die derde perspektief ondersoek die gebruik van bevestiging van die Imago Dei in katkisante se lewens.
    Die gevolgtrekkings wat gemaak word is dat die kerk baie meer sal moet nadink oor die voor- tydens- en na- gebeure van belydenisaflegging. Die gebruik van ‘n groter groep geloofsgetuies in die lewe van die katkisant is baie belangrik vir die begeleiding en bevestiging van die katkisant.

Die geloofsritueel is steeds baie belangrik as ‘n mylpaal in die lewe van ‘n gelowige. Die kerk se herontwerp van die ritueel en die verstaan van lidmaatskap vra dringende heroorweging.