{ARGIEF}

Kry jou nuwe hart

Suid Afrika is ‘n uitnemende land met wonderlike mense. Dit is ook ‘n bedreigde en stukkende land. Verskeie samelewingsverbande val uitmekaar. Selfs die geloofsgemeenskap is die stryd om norme en waardes nie gespaar nie. Wêreldlinge verwys dikwels na gelowiges as die rede waarom hulle nie kan glo nie. Ons land het ‘n nuwe hart nodig. ‘n Nuwe hart in en vir ons…

  • Opvoedkundige inrigtings (skole, universiteite, kolleges, ens.)
  • Besigheidswêreld en ekonomie
  • Plaaslike owerhede, munisipaliteite, staatdiens en politiek
  • Media en kunste
  • Geloofsgemeenskappe

“Gee ons ‘n nuwe hart!”

U is ‘n belangrike rolspeler in hierdie saak. U passie vir u omgewing en gemeenskap kan ‘n omkeer teweegbring. Mag ons op u samewerking staatmaak!

Vier oorkoepelende waardes:

  • Eerlikheid (integriteit, waarheid)
  • Selfbeheersing (dissipline)
  • Verantwoordelikheid (deelneem, samehorigheid, spaningesteldheid, verantwoordbaarheid)
  • Medemenslikheid(respek, ruimte, versoening, aanvaarding)

Aksieplan:

Dagboek 21 September as die dag waarop die aksie in u omgewing van stapel gestuur word.

Vriendelike dankbare groete

Jannie Pelser
Organiseerder

011 665 2017/2516
emb@mweb.co.za – www.kryjounuwehartdag.com