{ARGIEF}

ROME EN REFORMASIE: QUO VADIS

RING VAN KAAP DIE GOEIE HOOP

WILLIE JONKER-GEDENKLESING

Die Ring van Kaap die Goeie Hoop bied die jaarlikse Willie Jonker–gedenklesing aan op Sondag 27 Oktober om 15:30 by die Cape Peninsula Reformed Church (Kloofstraat 55, reg langs Groote Kerk se gemeentesentrum).
Die spreker by die geleentheid is Dr Sorita Baard. Sy het ‘n BTh en MTh graad aan die Universiteit Stellenbosch verwerf gevolg deur ‘n PhD in Sistematiese Teologie, magna cum laude, aan die Princeton Teologiese Seminarie. Sy het grootgeword in die NG Kerk, maar is nou lidmaat van die Presbiteriaanse Kerk (VSA). Sy is sedert 2004 dosent in geesteswetenskappe met spesifieke fokus op Augustinus en sy erfenis by die Villanova Universiteit, ’n Rooms-Katolieke Universiteit van die Augustynse Orde net buite Philadelphia, Pennsylvania, VSA.
Haar tema vir die gedenklesing is: “ROME EN REFORMASIE: QUO VADIS”.

fourie@straatwerk.org.za met navrae.