{ARGIEF}

Vraag is: Wat sou die doel van huisbesoek wees? Sekerlik NIE om as betaalde amptenaar alle aspekte van kerklosheid en selfs antagonisme tot geestelike ondersteuning van aktiewe lidmate self en alleen te doen nie. Ek het deur die jare van my bediening, benewens aksies van lidmaat-bedienings in die gemeente, die volgende bereik en ervaar deur middel van huisbesoek: 1) Ek het die lidmaat en gesin in die konteks van hulle leefwêreld leer ken 2) …Daarom kon my prediking hoe langer hoe meer ‘grond vat’ en 3) … het wonderlike gesprek en interaksie op huisbesoek plaasgevind en 4) lidmate het juis op grond van die kontak deur huisbesoek my leer ken en vertrou en toenemend die vrymoedigheid ontwikkel om aan te klop vir pastorale begeleding wanneer nodig. Sonder huisbesoek sou ek nie `n idee gehad het wie die mense is wat Sondae voor my sit nie en sou my bediening in `n vakuum plaasgevind het. Hoe op aarde leer jy jou gemeente (nie net die getroue groepie dissipels nie) werklik anders ken?