{ARGIEF}

My ouderling en ek is geborg om te kom uit Vryheid, die Noorde van Kwazulu Natal. Ons is nie deel van die Venootskap. God wou ons daar hê want toe ons nog saam met Pat in dieselfde grênd Mushroom Boutique Hotel van Wynand Nel (die beste innie Kaap!)bly en tot 2uur in die oggend rondom goeie Kaapse wyn en Pat se sigaar oor God se hart vir sy kerk praat, toe weet ek hierdie is nie ‘n gewone afspraak – dit is Gods gewil. Om die stories van vasgelopenheid en wanhoop te hoor en hoe met God en mekaar op reis gegaan word, het ons 2 opgewonde laat moed skep.
Ons het teruggekom en met die oortuiging dat ons die eerste cluster in KZN tot stand wil bring, het ons Kerkraad die week besluit om by die Venootskap aan te sluit! Soos van die dierbare kleurlingchristene op die konferensie gesê het: “Halleluja!”
So, Frederick, DANKIE, DANKIE, DANKIE! Ons is in en oppad. Dis julle “skuld” dat ons in en nou moet julle ons asb help. Wat is die volgende stap? Soos ek verstaan moet iemand van die Venootskap vir ons kom kuier om met ons leiers, ons gemeente en die ander gemeentes wat ons dink deel van die cluster kan word, te kom gesels. Ons hoor graag van julle.
Shalom!
ferdinand