{ARGIEF}

Na ons vorige nuusbrief was daar baie navrae oor die Vroue met Vlerke proses. Hier is so ‘n bietjie meer inligting oor die proses.


Die  Taakspan vir Vrouebegeleiding het die afgelope tyd  gedink oor God se roeping vir vroue en in hierdie geloofsonderskeidende reis is Vroue met Vlerke gebore.  Vroue met Vlerke maak vroue bewus van God se teenwoordigheid deur na mekaar se stories te luister. God is óók vandag  besig om vroue te roep, te vorm en te stuur.
‘n Paar vroue is opgelei en het deel geword van ons begeleierspan vir Vroue met Vlerke. ‘n Geloofsreis is nie iets wat mens eenkeer doen nie, maar oor en oor doen as ‘n gewoonte.  Ons doen dit saam met geloofsvriendinne en daarom nooi ons voortdurend vroue uit om saam met ons hierdie reis te onderneem. Saam ontdek ons dat God die hoofkarakter is en dat Hy ons deelmaak van sy groter prentjie.

Ons het ‘n gebruikersvriendelike brosjure wat as gids (padkaart) dien om ons in gemeentes te help om die geloofsreis aan te bied.  Laai dit hier af: VROUE MET VLERKE brosjure.

Die gemeentes wat ons reeds besoek het, is saam met ons opgewonde. Meer omtrent hierdie besoeke, asook ander waardevolle inligting word vertel in ons kwartaalblad, Interaksie.   Hier is die nuutste Interaksie.

Baie dankie aan die gemeentes wat ons innooi vir die geloofsreis. Daar wag ‘n hele paar besoeke hierdie kwartaal. Ons kuier graag saam met julle en dit is lekker om te sien hoe julle vlerke weer bruikbaar word in God se koninkryk.
Ons nooi almal uit om kontak te maak met Antoinette Muller ons Voorsitter. Ons kantoor kan gekontak word by 021-8089060 of estherb@sun.ac.za.